By BreedeOewer is selfsorg verblyf beskikbaar in 3 huisies wat volledig gemeubileerd is met 2 slaapkamers elk. Op grond van u voorkeur kan ons u huisie met 4 enkel- of 2 koningsgrootte-beddens inrig. Daar is 2 dagbeddens in die leefarea vir 2 ekstra persone.

- Geen dagbesoekers
- Geen Troeteldiere


Al ons huisies is selfsorgeenhede en is toegerus met gasgeysers en binnebraai fasiliteite. Die kombuis is toegerus met ‘n yskas, mikrogolfoond en 2-plaatstofie. Daar is breekware, eetgerei en kookgerei vir 6 mense.
Wat om saam te bring:
U eie drinkwater. Ons sal 5 liter fonteinwater voorsien vir drinkdoeleindes, omdat die kraanwater uit die rivier afkomstig is en dus nie deur SABS goedgekeur is om te drink nie. Dit is egter heeltemal voldoende vir opwas- en stortdoeleindes.
Eksta drinkwater, brandhout en ys is beskikbaar teen addisionele koste.
Bespreek nou en ontvlug die stadsgewoel.




