Site Overlay

Boskamp

Ons diverse boskamp sal elke kampeerder wat graag na aan die natuur wil wees laat tuis voel.  Aangesien daar geen afgebakende staanplekke is nie, staan dit u vry om u eie staanplek te kies binne die terreingrense.

Toegangspaaie tot die Boskamp is grondpaaie.  Die meeste 2 wieltrek voertuie met redelike grondvryehoogte sal die pad kan ry.  Indien u ‘n karavaan verkies beveel ons eerder ‘n 4×4 karavaan  of kampwaentjie aan.  U is welkom om die rivier te verken en u piekniekmiddagete op die oewer te geniet, maar respekteer die natuur en die bure.

Die ablusieblok is toegerus met sonkragligte en ‘n “donkie” vir warm water. Daar is 3 aparte badkamers in die ablusieblok en ‘n extra toilet. Daar word ‘n maksimum 40 mense op ‘n slag op die kampterrein toegelaat.

BreedeOewer Boskamp Stort fasiliteite

Die kampeerplekke het geen toegang tot elektrisiteitsvoorsiening nie. Vriesgeriewe is beskikbaar by ontvangs.

  • Geen dagbesoekers
  • Geen troeteldiere

Wat om saam te bring:

U eie drinkwater. Die kraanwater is afkomstig van die rivier, en dus nie SABS goedgekeur as drinkwater nie! Dit is egter heeltemal voldoende vir opwas- en stortdoeleindes.

Drinkwater, brandhout en ys is beskikbaar teen addisionele koste by ontvangs.

Bespreek nou vir ‘n unieke Overberg-ervaring.

BreedeOewer Boskamp kampering by die Bree Rivier naby Swellendam