Site Overlay

Om te Doen

BreedeOewer is die ideale basiskamp vir avontuurlustige verkenners om die Overberg te ontdek.  Ons beveel enige en al die volgende aktiwiteite om te doen op die plaas en omliggende omgewing aan.

Plaasaktiwiteite:

Swem in die Breërivier

Roei

Visvang

Voëls kyk

Staproetes

Fietsry

Roeibootjies is welkom, maar asseblief geen buiteboordenjins nie.

Visvang
Die ideale basiskamp vir avontuurlustige verkenners om die Overberg te ontdek

Aktiwiteite in die omgewing:

Besoek die historiese dorp Swellendam (20km), en loer in by die vele interessante winkeltjies en kunsgalerye (o.a. die ‘Faerie sanctuary’).

Gaan stap in die  Langeberge (20km)

Besoek Duiwelsbos Waterval in Marloth Natuurreservaat (20km)

Besoek Bontebok Natuurreservaat (20km)

Wynproe in Ashton en Bonnievale (50km)

Malgas en die Pont(60km)

Besoek Agulhas, die mees suidelike punt in Afrika (100km)

BreedeOewer Besienswaardighede