BreedeOewer Boskamp en Huisies
Is jy moeg vir die gedruis van die stad? Wil jy net wegbreek? Op die oewer van die Breërivier is die wegbreek waarna jy soek. Kom luister na die stilte van die natuur en asem die vars plaaslug in. Kom geniet ‘n wandeling tussen saailande en plaasdiere wat rustig wei.
Ons is net 2 ure se ry vanaf Kaapstad en slegs 15 minute buite Swellendam. Draai van die N2 af en volg die grondpad vir 3 km tot by BreedeOewer.

Omdat ons omgee vir ons gaste en vir ons omgewing, let asb. op die volgende wanneer u by ons kom kuier:
- Dit is ‘n werkende plaas. Ter wille van u eie veiligheid, bly asb weg van die plaasimplemente. Indien u belangstel in ‘n plaastoer, kontak ontvangs en ons sal met graagte u versoek akkommodeer.

- Aangesien dit ‘n natuurkamp is, is daar ‘n moontlikheid dat daar goggas, skerpioene, spinnekoppe of selfs ‘n slang jou pad mag kruis.
- Die rivier is plek-plek baie diep, daarom beveel ons aan dat reddingsbaadjies gedra word vir enige swem- of ander wateraktiwiteite.

- Ouers is self verantwoordelik vir hulle kinders se veiligheid.
- BreedeOewer sal klippe voorsien om jou naam op te skryf en te versier, maar moet asb. nie op ons bome skryf nie.
- Neem slegs foto’s – laat slegs voetspore agter.
- Geen harde musiek na 22h00.
- Moet nooit ‘n brandende vuur sonder toesig laat nie, en gebruik slegs die plekke wat daarvoor voorsien word.
- Geen Dagbesoekers word toegelaat nie.
- Geen Troeteldiere word toegelaat nie.

